Ek kuier die ander aand by gesoute ouer lidmate van die gemeente. Hulle nooi toe hulle dogter en eggenoot, wat nie aan ‘n gemeente verbonde is nie, ook vir ete. Hierdie jong egpaar is duidelik “yuppies” – hulle verdien goed, is suksesvol in hul loopbane en ‘dress to impress’.
Na ‘n heerlike ete, wyn en geselskap deel ek my hart vir die gemeenskap met die tafel en vertel meer oor die projek wat ek wil aanpak. Die yuppie egpaar kon nie glo wat hulle hoor nie. Hulle borg toe onmiddellik R7000 vir die projek.
Intussen het ek en die jong yuppie egpaar al weer gereeld gekuier, gebraai en gaan fietsry. Hulle is nie nou skielik elke Sondag in die kerk nie, maar woon eredienste meer gereeld by en wil dan altyd hoor hoe dit met die projek gaan of waar hulle kan help. Hulle het ook ander lidmate in die gemeente ontmoet met wie hulle nou vriende geword het.