Skip to main content

Wellington Moedergemeente het in 2016 ‘n “kosblik” gepak vir huisgesinne wat saam wil dink oor die dieper betekenis van Kersfees. Die kosblikke is genoem “Ons huis se reis na Kersfees”. Elke kosblik bevat 4 lekker saamgesels kaarte, 4 simbole en aktiwiteit idees vir gesinne (oud en jonk) om saam te doen tydens advent of gedurende die vakansie. Enige een is welkom om die uitdeelstuk en idees te gebruik. Die kosblikke en items kos ongeveer R10 elk as ‘n gemeente dit sou wou saamstel vir families.
Die kaartjies moet uitgedruk word en een van elk in die kosblik gepak word. Voorop kan die “Ons huis se reis na Kersfees” kaartjie geplak word wat op kleurkarton uitgedruk word. Dit sluit die 4 saamgesels Bybelstudies en vrae in.  Die volgende simbole word ook dan in die kosblik gepak: ‘n klippie as simbool van die familie se saamwees, ‘n pakkie saad vir week 1 (simbool vir hoop) en ‘n ballon vir week 2 (simbool vir vreugde). Aktiwiteite vir week 3 (vrede) en week 4 (liefde) is reeds ingesluit in die kaartjies.

Laai die kaartjies hieronder af in PDF formaat:

Kersfees_Kosblik enige jaar geen datum

kersfees_kosblik-binne