‘n Paar predikante uit die Skiereiland het die Taizé broers gaan besoek waar hulle tans woon in Woodstock in Kaapstad. Hulle is deel van die Taizé geloofsgemeenskap in Frankryk, maar hulle word telkens na ‘n ander Afrika land gestuur om ‘n plaaslike Taizé byeenkoms vierjaarliks te reël. Die volgende een word beplan vir September 2019 in Kaapstad en word gemik op 18-35jariges uit alle denominasies. “Ons is gasvry ontvang, ons het saam met hulle gebid en gesing in hul kerkie en hulle het vir ons ‘n eenvoudige maaltyd voorberei wat ons saamgeëet het. Dit was inspirerend om meer te hoor van hulle drome”, vertel Anriëtte de Ridder. Indien jy meer wil weet oor hoe jou gemeente kan deel wees of die volgende geleentheid soos hierdie wil bywoon, kontak Anriëtte de Ridder deur ‘n epos te stuur aan [email protected]. Vir meer inligting lees hier (Aangeheg).
Agter van links:
Hanno Ackerman
Brother Reynold
Annelet Slazus
Christi Thirion
Marileen Steyn
Brother Luc
Helené Fouché
Voor van links:
Brother Claudio
Anriëtte De Ridder
Jana Dickason
Bianca Botha
Jandré Viljoen
Johan Steenkamp