Skip to main content

Hoe om matrieks te ondersteun tydens hul eindeksamen

Hier is ‘n paar praktiese wenke en idees:

1. As jy nog nie ’n WhatsApp groep vir jou matrieks gemaak het nie, maak een of vra ’n matriek om ’n groep te stig. Verduidelik dat daar geen druk of verwagting op hulle is om deel te neem nie, maar dat die groep bloot vir ondersteuning is.

2. Kontak jou plaaslike hoërskole en bied jouself aan vir pastorale ondersteuning vir matrieks. Baie skole moes sny aan beradingsposte en dit plaas onderwysers onder baie druk. Indien jy dalk nie opgelei is in pastorale ondersteuing nie, verduidelik dat jy bereid is om net ’n oor te wees aan ’n matriek wat ondersteuning benodig, aangesien nie alle matrieks ’n ondersteuningsnetwerk tuis het nie.

3. Bemoediging / Motivering: Stuur so 2x per week bemoedigende boodskappe uit. Teksverse wat mooi gemaak is, sodat die matrieks dit op hulle sosiale media kan deel en ook klankgrepe en video’s. Indien jy video’s uitstuur, het ek gevind dit werk beter om die video self per WhatsApp uit te stuur eerder as ’n YouTube skakel.

4. Maak ’n spesiale Matrieksgebedsversoek “hoekie” op julle sosiale media. Vind uit watter vakke die matrieks op watter dae skryf. Plaas elke dag ’n gebedsversoek op julle sosiale media wat spesifiek gebed vra vir die vakke wat daardie dag geskryf word.

5. Skep geleenthede in eredienste of by die gebedsversoeke om gereeld vir die matrieks te bid. Reël iemand om tydens die erediens ’n gebed vir die matrieks te doen. Vra ook die matrieks om gebedsversoeke deur te gee.

6. In plaas daarvan om ’n diens by die gemeente te doen, kontak jul plaaslike hoërskool en reël dat julle op ’n dag wat al die matrieks by die skool is, graag vir hulle ’n klein geskenkie wil gee. Maak dan ’n lekkerding en ’n bemoedigende kaartjie op, en verpak dit op ’n manier wat die skool dit maklik sal kan uitdeel bv. klasgroepe ens.

7. Sulke bederfpakkies kan ook by ’n spesifieke erediens uitgedeel word aan matrieks.

8. Bel of WhatsApp elke matriek en wens hulle as individu sterkte toe.

Hier is 7 blokkies wat as bemoediging vir matrieks gestuur kan word – klik op die prentjies om dit af te laai:

Leave a Reply