Die boek “Dansend met die Lewe” deur Kobus Anthonissen dien as raamwerk vir hierdie kursus. Die boek gebruik deurgaans die beeld van ‘n danser as metafoor om ‘n alternatiewe mens- en God-beskouing voor te hou. Dit kan mense ondersteun om ‘n gelukkige, vervulde lewe te leef te midde van gebrokenheid en lyding. Die kursus dek temas en vrae wat in tipiese beradingsgesprekke, met veral tieners, na vore kom.
7 Augustus 2018
09:00 – 16:00
NGK Bellville-Uitsig
R500 (sluit die boek & middagete in)
Aangebied deur Kobus Anthonissen (teologiese perspektiewe en gesprek fasiliteerder) met Jana Dickason wat telkens praktiese terapeutiese hulpmiddels en voorbeelde sal deel.
Inskrywings: Kontak Madeleine Schutzler by [email protected] of 021-919-4220 VBO punte: 6