Skip to main content
Familie Netwerk

Mylpaal bediening

By May 16, 2018No Comments

Die huisgeloof gespreksgroep het op Vrydag 26 Januarie bietjie saamgesels oor mylpaal bediening. Die span het probeer om spesifieke mylpale in verskillende lewensfases te identifiseer vir families, wat hulle dan tuis ook kan vier. Die span het tot die slotsom gekom dat verkillende families het verskillende mylpale wat vir hulle belangrik is, bloot as gevolg van elke familie se unieke samestelling.

’n Uiterste voorbeeld was dat ’n familie met ’n vroeggebore baba baie klein mylpale sal hê om te vier, maar wat elkeen in besonder belangrik is. ’n Ander familie sal weer op groot mylpale fokus wat te doen het met die kind se spesifieke doelwitte, soos byvoorbeeld ’n bepaalde sportspan of doelwit.

Daar was wel ’n paar generiese aspekte wat na vore gekom het. In ons kerklike tradisie is die Doop en die Nagmaal die kern van ons mylpaal vierings. Die doop getuig van God se belofte dat hy altyd en in alle omstandighede by ons is. Enige mylpaal, of dit nou suksesvol behaal is, óf uitloop op teleurstelling, word in die konteks van die doop gevier en getuig van God wat teenwoordig en getrou is, dat hierdie feit die jongmens se identiteit bepaal en nie die mylpaal nie.

Gemeentes is dan juis ’n kritiese rolspeler in mylpaal bediening, want die gemeente word die oefenruimte waar families kreatief blootgestel kan word aan rituele, simbole en gebede om mylpale te vier. Die aard en tradisies van ’n gemeente sal ook bepaal of die ruimte waarin families die blootstelling kry die erediens of kleingroepe of selfs ouer opleiding sessies sal wees. Die goue draad is dat gemeentes wat intensioneel fokus op mylpale van hul jongmense, hul ouers help om dit in verband met hul kinders se doop en daarom God se beloftes en getrouheid te bring.

Hier volg ’n generiese liturgie wat ’n familie by die huis kan gebruik: laai die volledige dokument Hier af.