Millennials is ‘n onuitputlike bron van energie en kreatiwiteit. Jy sal verras wees oor die palet van kleur wat hulle jou aanbied. Gryp die geleentheid aan!
Communitas se Predikantebegeleiding bied ‘n dagkonferensie/gesprek aan saam met prof Jaco Hamman van die VANDERBILT Teologiese Skool in Nashville, VSA. Hy is professor in Teologie, Sielkunde en Kultuur.
Sy boek, “The Millennial Narrative” handel oor die vraag: hoe kan die kerk mense bereik wat as ‘spiritual but not religious’ identifiseer?
6 VBO punte is te verdien, ‘n lekker middagete is deel daarvan, jy is saam met vriende en kollegas en bo alles word jy deur die dag begelei deur ‘n belese, berese, goed-ingeligte en dinamiese gespreksleier. Kom verruim jou en julle gemeente se bediening.
Die kursus op Maandag, 6 Augustus sal vanaf 9h30 – 15h30 plaasvind in die Hofmeyrsaal by die Fakulteit Teologie in Stellenbosch.
Kontak Adrienne Bester vir inskrywings by [email protected] /021 808 3382