Koninkrykstyd begin die Sondag ná Pinkster (Triniteitsondag) en strek tot die Sondag voor Advent (die Sondag van Christus die Koning). Dit is dus die langste “seisoen” in die kerkjaar kalender. In Koninkrykstyd vier ons die heerskappy van Jesus as die Here, wat regeer op aarde. Ons dink ook daaraan dat Jesus sy dissipels uitgestuur het na die wêreld om sy Koninkryk uit te leef. Daarom is die seilboot ‘n belangrike simbool, omdat dit dui op Jesus wat sy dissipels (die kerk) die wêreld in stuur.

Ander simbole wat evangelisasie, barmhartigheid en dissipelskap uitbeeld sluit ‘n koringaar (die sending oes), ‘n oop Bybel (die evangelie), ‘n kroon (Jesus se heerskappy), en ‘n driehoek of drie sirkels in (die Triniteit). Ons verantwoordelikheid om die aarde te versorg asook geestelik te groei, is ook prominente temas in dié tyd en daarom is die kleur groen simbolies vir Koninkrykstyd, sowel as ‘n aardbol (ekologie) en ‘n boom (groei).

Biddag vir ekologie (begin Junie), Lentedag (1 September) en ekologie-maand (September) val almal in Koninkrykstyd.

 

Die huisgeloof reeks boekie 3 “Ons huis onthou” handel oor die kerkjaar en bevat 2 hoofstukke oor Koninkrykstyd propvol idees vir gemeentes en gesinne. Bestel dit by Bybel-Media:

Huisgeloof-reeks 3: Ons huis onthou

Leave a Reply

en_ZAEnglish