Dag 3: Connect met God
Stilte
Jare terug was ek een vroegoggend saam met my Oom wat in Prins Albert bly, op na ‘n deel van die Swartbergpas, waar hy net by die Here gaan sit. Ek wou saamgaan, want ek wou wegbreek van die wêreldse geraas. Toe ons daar gaan sit, op ‘n rots en ek uitkyk oor die landgoed, luister na elke stukkie natuurklank en net die stilte om my ervaar, was dit asof net 1 woord te veel sou wees om hierdie heilige oomblik in God se teenworrdigheid te breek.
Dit was omtrent 15 jaar gelede, maar ek sal nooit daardie ervaring van God se kragtige teenwoordigheid in die stilte van die natuur vergeet nie.
Die Here is altyd by ons, maar dis nodig dat ons oomblikke van stilte moet hê om regtig net in God se teenwoordigheid te kom en net te sit, sonder om te praat, en net by Hom te wees. Daar…in daardie oomblik…in daardie stilte…. Dit wat die Here deur Sy Gees doen in tye van stilte, is iets wat geen wêreldse gejaagdheid ons kan bied nie.
Kom ons lees saam in Psalm 46:11
“Wees stil en weet Ek is God!”
Gesels nou saam oor die volgende vrae.
- Wat is die eerste gedagte wat by jou opkom wanneer jy heirdie teks hoor?
- Waar voel dit vir jou, is die plek waar jy God in die stilte ervaar?
- Hoeveel tyd maak jy om regtig in stilte by God te sit?
Kom ons bid saam.
Here, dankie dat U hier by my is.
Amen
Doen nou die volgende saam:
Probeer hierdie week elke dag net vir 10 minute in doodse stilte te sit, niks te dink of sê nie. Net by die Here te sit.
Die Here sal by julle wees en julle lei orals waar julle gaan. Amen