Skip to main content
Huisgeloof Argief

Matteus 4:1-4 (A)

By June 19, 2024No Comments

Dag 2: Connect met God

Die regte kos 

Daar is nou een ding wat ek van myself geleer het, maar ek het ook nog nooit uit my fout geleer nie.  Dit is dat wanneer ek honger is en dan eers winkel toe gaan om te gaan kos koop, ek altyd met die verkeerde goed daar uitkom.  Altyd ekstra kos, ongesonde kos, goed wat kon bly.  Die versoeking is net baie groter om verkeerd tee et wanneer ek met ‘n honger gaan kos koop. Al weet ek dit, val ek steeds baie in die strik.  Wie van julle val ook altyd in daardie strik?  

Interessant hoe iets soos om honger te wees, ons kan swakker maak om  versoekings te weerstaan.  Jesus was ook met dit gekonfronteer toe hy 40 dae en 40 nagte sonder kos in die woestyn was.  Die duiwel het daardie swakheid wat ons voel as ons honger is, probeer gebruik om te probeer dat Jesus verkeerd moes doen. Kom ons gaan luister hoe het Jesus hierop reageer. 

Kom ons lees saam in Matteus 4:1- 4 (Bybel vir Almal) 

1 Die Heilige Gees het daarna vir Jesus na die woestyn geneem sodat die duiwel kon probeer om Jesus verkeerd te laat doen. 2 Jesus het 40 dae en 40 nagte lank niks geëet nie. Hy het toe honger geword. 3 Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.” 

4 Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf: 

“ ‘n Mens lewe nie net 

van brood nie. 

As jy waarlik wil lewe, 

dan moet jy luister 

na elke woord wat God sê.” 

Gesels nou saam oor die volgende vrae. 

  1. Wat staan vir jou uit oor hierdie teksvers? 
  2. Hoe het Jesus op die Duiwel se versoeking reageer? 
  3. Wat het Jesus as wapen teen die Duiwel gebruik? 
  4. Is daar teksvers waaraan jy vashou wat jou in moeilike tye help?  

Kom ons bid saam.

Jesus, dankie dat U vir ons die voorbeeld kom stel het oor hoe ons aan die Waarheid moet vashou en dit as wapen teen die vyand kan gebruik.

Amen 

Doen nou die volgende saam:  

Geniet ‘n ete saam, maar voordat julle eet, laat elkeen as gebed die teksvers wat vir hom belangrik is in sy lewe, hardop sê, as teken dat ons nie net van kos alleen kan lewe nie, maar dat God se Woord vir ons lewe gee.

Die Here sal by julle wees en julle lei orals waar julle gaan. Amen 

Leave a Reply