Skip to main content
Huisgeloof Argief

Matteus 4:1-2

By June 19, 2024No Comments

Dag 1: Connect met God

Lewenskos 

Het jy al ooit geluister wanneer mense begin praat oor hulle wat wil begin om gesonder te lewe, is die een ding wat hulle gewoonlik eerste sê: “ Ek wil lekkers en suiker uitsny.” Dit beteken hulle wil suiker opgee, want hulle weet dit is sleg vir hulle gesondheid. Om gesonder te lewe, moet ons suiker opgee.   

Maar daar is ‘n ander tyd wanneer ons iets opgee. Dit is wanneer ons vas.  Tradisioneel wanneer ‘n mens vas, gee jy kos op, maar deesdae kan jy engiets wat vir jou belangrik is, opgee.  Wanneer ons iets opgee vir ‘n tyd, en daardie tyd gebruik om meer tyd saam met die Here te spandeer.  As jy ‘n week van social media sou vas, dan sal jy die tyd wat jy op social media sou wees, gebruik om tyd saam met die Here te spandeer.  Jesus het ook vir 40 dae en 40 nagte gevas.   

Kom ons lees saam in Matteus 4:1-2 (NLV) 

1 Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.

2 Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word. 

Gesels nou saam oor die volgende vrae. 

  1. Hoe dink jy moes dit voel om vir 40 dae en 40 nagte niks kos te moes eet nie? 
  2. Wat is jy bereid om vir ‘n week op te gee om meer tyd saam met die Here te spandeer? 

Kom ons bid saam. 

Here, help my om ten volle afhanklik van U te word.  

Amen 

Doen nou die volgende saam: 

Besluit wat julle elkeen hierdie week bereid is om op te gee en daag jou uit om daardie tyd wat jy vir daardie ding sou gebruik het, met die Here te spandeer. 

Die Here sal by julle wees en julle lei orals waar julle gaan. Amen 

Leave a Reply