Maak jou eie klei in ‘n japtrap!
- 2 koppies meel
- 1 koppie sout
- 2 teelepels olie
- 1 koppie water
- voedselkleursel
Doen dit so:
Meng die meel en die sout.
Voeg dan die olie by en voeg dan die water stadig by tot dit so styf is soos wat jy dit wil hê.
Deel op in bolletjies en kleur verskillende kleure met voedselkleursel.
Voeg dan die olie by en voeg dan die water stadig by tot dit so styf is soos wat jy dit wil hê.
Deel op in bolletjies en kleur verskillende kleure met voedselkleursel.
Bêre in ‘n plastieksakkie of -bakkie om die klei sag te hou.