Die meeste van ons is af en toe afhanklik van ’n backtrack en wanneer jy die klank en die beeld kan saamgooi, dan het jy ’n kits-aanbidding-sessie! Die lekkerste is om ’n video-file te hê waar die woorde en musiek outomaties aanloop – en op YouTube kan jy die meeste van die gewildste Engelse praise en worship liedere reeds in daardie formaat aflaai. Jy kan egter maklik self jou eie gunsteling Flam-liedere vanuit Powerpoint in ’n video-file omskep.
Volg die 5 maklike stappe en Maak jou eie saamsing video file.