Die 7 weke reeks kom uit uittreksels van die Bergrede. Een van Jesus se doelwitte met die Bergrede was om mense praktiese leiding te gee oor hoe om so te lewe dat iets van die koninkryk van die hemele nou reeds sigbaar word in ons lewens. Die koninkryk is dus nie die hemel daar vêr in die toekoms of daar vêr buite ons sonnestelsel nie. Wanneer ons Jesus se lesse hier volg, kan ons nou reeds iets van sy beloofde mooi lewe beleef.
Elke gesprek raamwerk is soos volg ingedeel:
Tafelmaniere: Dis die goeie maniere wat die groep oor moet ooreenkom om lekker en mooi saam te gesels.
Verwelkoming: Doen moeite om almal te laat tuis voel en doen iets simbolies, soos om ’n kers aan te steek, om die groep te herinner dat ons reeds in die teenwoordigheid van die Heilige Gees is en dat hulle welkom is.
Bid saam: ’n Gebed wat uit ’n teksgedeelte geneem is om ons te help om deur die Bybel te bid en ons woorde te gee wat ons gedagtes op die inhoud rig.
Ysbreker en/of gesels saam: ’n Aktiwiteit wat ons gedagtes inlei en fokus op die tema, maar ons ook help om verhoudings te bou deur stories van onsself te vertel.
Teks: Lees die teks saam, meer as een keer, sodat die teks deel kan word van ons en ons deel kan word van die storie.
Gesels saam: Gesels oor wat jy nie verstaan nie, oor wat vir jou sin maak en oor wat die Heilige Gees daarmee wil doen.
Bid vir mekaar: Ons bid vir mekaar sodat ons vir mekaar kan sorg, maar ook om mekaar verantwoordbaar te hou.
Laai die materiaal hier af:
Groepgesprek 08 – Nederigheid.docx
Groepgesprek 07 – Julle judge my
Groepgesprek 05 – Myne is myne.docx
Groepgesprek 04 – Angermanagement