Gesprek notas opgestel deur Elzanne van der Westhuizen by die Familie-Netwerk byeenkoms gehou 23 November 2017.
Vanuit “Becoming Intentionally Intergenerational” – John Roberto
Learning / leer geleenthede
Hoe kan leer geleenthede werklik alle generasies (ouderdomme) saam betrek eerder as wat groepe net apart leer bv. volwassenes in ‘n Bybelskool of kinders in kategese?
Beginsels om te onthou
Volgens Roberto is daar drie verskillende vlakke van inter-generasionele leer, naamlik:
- Interactive sharing is die maklikste om te doen veral deur middel van die vertel van stories vertel. Dit kan in enige ruimte gebeur (bv. erediens) waar verskillende ouderdomme bymekaar is. Die onderwerp is iets wat almal oor iets kan deel – met ander woorde elkeen kan daaroor ‘n storie of ervaring deel en so by mekaar leer.
- In-common experiences is die mees uitdagende tipe leerervaring, omdat ons dink aan learning as ‘n kognitiewe ervaring wat kinders/mense met verstandelike gestremdhede, ens. uitsluit, maar wanneer ons begin dink aan learning as vorming/ervarings/rituele/gewoontes raak dit makliker om inklusief te wees al kan iemand nie noodwendig byvoorbeeld lees nie.
- Parallel learning is wanneer verskillende ouderdomsgroepe apart leer maar dieselfde tema deel. Byvoorbeeld die erediens en kategese behandel dieselfde tema of teks. Dit wek egter die vraag op of dit werklik inter-generasioneel is sonder contributive-occasions waar die leerervaring daarna inter-generasioneel gedeel word. Ons fokus dikwels hier daarop om die inhoud te laat ooreenstem eerder as die praktyke – miskien gaan praktyke dit makliker maak sodat die inhoud meer kan fokus op die spesifieke ouderdomsgroep? (Bv. Bybelstories vir jonger kinders, etiek en dogma vir tieners, ens.). byvoorbeeld laat verskillende ouderdomme almal dieselfde rituele herhaal, al verskil die temas van die dag.
Stories:
Die Familie Netwerk deelnemers het die volgende stories as voorbeelde gedeel:
- In die kinderoomblik het een predikant kinders na die bejaarde lidmate in die erediens gestuur om hulle twee vrae te vra, nl. Kan jy jou beste vriend toe jy kind was se naam onthou? En watter speletjies het hulle gespeel as kind? Die kinders het daarna kom vertel wat die ouer persone aan hulle vertel het.
- In een familie selgroep wat gesels het oor familiewaardes, moes die kinders die ouer mense in hulle familie bel en uitvind oor hulle familiegeskiedenis.
- Daar is ‘n kerk waar die kinders saam met die volwassenes in die aanbiddingsruimte is vir die begin van die erediens. ‘n lampie word dan aangesteek by die Christus-kers en die lampie gaan saam met hulle uit na die ruimte waar hulle “kinderkerk” het, as simbool dat Christus ook teenwoordig is waar hulle (die kinders) leer/aanbid. Later in die erediens kom hulle weer terug en die kers word weer langs die Christus-kers in die liturgiese ruimte neergesit en die kinders gee terugvoer aan die res van die gemeente van wat hulle gedoen/geleer het.
- Een gemeente doen ‘n doopherinnering een maal per kwartaal waar almal in die gemeente wat hulle doopverjaarsdag vier in daardie kwartaal die geleentheid kry om deur middel van ‘n ritueel hulle doop te vier. Oud en jonk deel dan ‘n ritueel.
- Een gemeente het baie goeie terugvoer gekry na ‘n Kerssangdiens waar hulle musikale lidmate van alle ouderdomme deel gemaak het van die diens se musiek.
- Een gemeente nooi ouers om hulle kinders te kom haal by die Belydeniskamp op die laaste dag van die kamp. Wanneer die ouers dan daar is het die kinders ook geleentheid om hulle ouers te vertel wat hulle beleef het oor die naweek, vir hulle tekste te lees of selfs vir hulle te bid.
- Een gemeente hou “Blokdienste” parallel met die Sondag-erediens waar ‘n gspesifieke graad kinders en hul ouers uitgenooi word en die hele diens dan interaktief en rondom tafels gebeur.
Nog idees:
- “Back to the Future”-event: Waar ouer mense en jonger mense met mekaar gesels. Die ouer volwassenes antwoord vrae oor hoe die wêreld gelyk het toe hulle jonk was.
- Ouer mense en jonger mense word saamgenooi na ‘n geleentheid byvoorbeeld ‘n ete waar hulle wysheid en kennis kan deel met mekaar met mekaar. Ouerpersoon kan leer van tegnologie en selfone, maar dan ook die jonger persone leer brei of wysheid deel oor ouerskap of resepte.
- Rituele wat almal ervaar: viering van hertoewyding aan God, verandering, verlies erken deur middel van byvoorbeeld ‘n kers aansteek in ‘n diens.
- Gebruik nasionale vakansiedae of die kerkjaar om rituele in die erediens in te bring wat alle generasies ervaar.
- Hou ‘n familiekamp
- Skep geleenthede in die kategese waar ouers bygenooi word.
- Reël ‘n ouerskapskursus waar die kinders en tieners by is.
Lees gerus die hele artikel van John Roberto by http://www.intergenerationalfaith.com/uploads/5/1/6/4/5164069/becoming_intentionally_intergenerational_-_roberto.pdf
__________________________________________________________________________________