Gesprek notas saamgestel deur Riaan de Villiers by die Familie-Netwerk byeenkoms gehou 23 November 2017.
Vanuit “Becoming Intentionally Intergenerational” – John Roberto
Sosiale aktiwiteite – kuier saam
Hoe kan sosiale aktiwiteite gereël word waar alle generasies (ouderdomme) werklik saam kan kuier?
Beginsels om te onthou
- Verdeelde rolle is nog sterk in ons kultuur, soos bv. by sosiale geleenthede eindig mans op by die braaivleis vuur, vrouens in die kombuis en kinders speel eenkant. Dit moet intensioneel teengewerk word by sosiale geleenthede en geleentheid moet geskep word vir saam speel, saam kos voorberei, saam vuur maak, ens.
- Sosiale geleenthede moet vooraf beplan word deur die uitkomste te identifiseer en dan moet die geleentheid daarvolgens beplan word. Begin eers dus by die hoekom vraag, byvoorbeeld “Waarom hou ons Kermis?” Tradisioneel: sou die antwoord wees: om fondse in te samel. Indien ons Kermis se hoof uitkoms egter is om intergeneratiewe sosiale byeenkomste te verseker, dan sal dit ander beplanning en ‘n ander benadering vra. Begin dus by uitkoms en rig die geleentheid daarvolgens in.
Stories
- Een gemeente het ‘n gemeente konsert gehou waaraan almal deelgeneem het en rolle vertolk het. Dit het pret verskaf aan almal wat daaraan deelgeneem het.
- ‘n ander predikant vertel dat daar ‘n Golf dag gereël is waaraan twee gemeentes saam deelgeneem het. in die toekoms wil hulle elke golf speler ook “paar” met ‘n jonger aspirant golf speler sodat hulle saam moet stap op die golfbaan – en só tyd saam spandeer en bymekaar leer.
Nog idees
- Hou saam piekniek met intensionele vrae in die piekniekmandjie wat gesprek kan stimuleer waaraan almal kan deelneem.
- Kampe is die ideale geleenthede om families en mense van alle ouderdomme te betrek en saamwees te bevorder.
- Sport dae is geleenthede waar daar saamgespeel kan word en speletjies soos vlugbal, potte en panne ensovoorts kan alle mense betrek om saam te speel
- Selgroepe wat nie net gemik op volwassene, maar alle ouderdomme, kan gevorm word. Daar kan dan telkens aktiwiteite wees waaraan almal in die groep, ongeag van hulle ouderdom kan deelneem, soos bv. klei op die tafel as aanbiddingsmoment, stories vertel vanuit elkeen se ervarings en leefwêreld, saamsing ens.
- Aktiwiteite soos bv roei op die Oranje rivier; staptogte ens is iets waaraan almal kan deelneem en almal ‘n belangrike rol kan speel tsv van ouderdom
Lees gerus die hele artikel van John Roberto by http://www.intergenerationalfaith.com/uploads/5/1/6/4/5164069/becoming_intentionally_intergenerational_-_roberto.pdf
___________________________________________________________________________