Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Ekologie
Vandag is Biddag vir Ekologie.
Aardbol: Een van koninkrykstyd se simbole is die aarde – want Jesus stuur ons na alle mense – om hulle lief te hê en vir hulle van Hom te vertel. Hy stuur ons egter nie net om vir mense om te gee nie, maar ook om vir die aarde (die natuur, diere, plante ens.) om te gee en daarom is ekologie ook ‘n belangrike tema in koninkrykstyd.
Biddag vir ekologie
Kyk die kort video hier: https://youtu.be/Ae0qQhK_HO4 waar ds Dewald Hoffmann van die Groen Span ‘n paar wenke deel.
Kry die 5 gebedswenke hier.
Sing: “Build your kingdom here” deur Rend Collective (https://youtu.be/sbdJXKqVgtg) of gebruik die Afrikaanse vertaling as ‘n gebed:
Here,
Ons soek u koninkryk, ons dors na geregtigheid
U gee ons lewens sin; U vreugde laat ons sing
Maak los die boeie wat ons hou
genees gebroke lewens nou
Ons kom lê ons lewens voor U neer
Ons is u kerk; en ons bid: Herstel! Herskep!
Laat u ryk hier kom, breek die duisternis
Toon u almag, Heer, genees ons land se seer
Vul ons met u vuur, bring nou almal saam
Laat u hoop deurbreek, laat u koninkryk hier kom!
Amen