Vadersdag idee: Pappa se koffiebeker mus

Benodigdhede:
Weggooibare papierkoppies
Afdrukke van die templaat
Skêre, gom en skryfbehoeftes

Voorbereiding: Maak afdrukke van die templaat en sorg dat daar vir elke kind ’n weggooibare koppie is.
Gee kans dat elkeen ‘n bladsy met leë blokkies neem en in elke blokkie ‘n boodskappie skryf of ‘n prentjie teken waarom hulle lief is vir hul pappa. Knip dit uit en plak die strook om die papierkoppie. Versier nou die ander bladsy met die hartjies, knip die vierkant in die middel uit en plak dit om die koppie sodat dit in die rondte kan skuif bo-oor die blokkies wat reeds vas is. Knip en plak die beker se handvatsel vas en gee dit as geskenk. ‘n Sakkie kitskoffie binne-in sal natuurlik die geskenk nog beter maak!

Laai die templaat hier af: Vadersdag templaat

Leave a Reply

en_ZAEnglish
en_ZAEnglish