Skip to main content

Moedersdag idee: Klei geskenkies vir Mamma

Benodigdhede:
Wit kunsgom
Maizena
Lint/tou
Koki’s, fineliners, kryte en glitter

Voorbereiding:
Maak deeg van 1 koppie gom en 2 koppies Maizena.
Meng dit goed en rol uit op ‘n plat oppervlak. Gebruik koekiedrukkers in die vorm van blomme of harte en druk vormpies uit.
Indien jy dit wil ryg, kan jy ‘n gaatjie met ‘n houtstokkie maak in die deeg. Laat staan dit oornag of bak in ‘n lou oond vir 10 minute. Die vormpies raak ‘n dowwe wit en lyk soos porselein.

Kinders kan die harde vormpies versier met kryte, koki’s, glitter of verf en aan ‘n toutjie sit. Mamma kan dit iewers ophang of selfs dra om haar nek. ‘n Groter vormpie kan gebruik word as ‘n bekermatjie (coaster) met ‘n spesiale boodskap vir Mamma daarop.

Leave a Reply