Skip to main content
Kinderbediening

Kersfees kaartjie

By November 9, 2017December 2nd, 2020No Comments

Kersfees is nie net ʼn tyd om fees te vier oor Jesus se geboorte nie, maar ook om opnuut te dink oor hoe leef ons hierdie lewe waarvan Jesus ons van kom leer het.

ʼn Maklike manier om ons kinders te help om net te begin dink aan die groter wêreld na buite, is om die kinders kerskaartjies te laat maak. Hierdie is nie net enige kerskaartjie nie – die kaartjie word geskryf aan ons plaaslike ouetehuis, ons tronke en dalk ons kinderhuise. Dis altyd eerste prys as die kinders eers ʼn besoek kan aflê en ʼn spesifieke persoon of naam kry aan wie hulle kan skryf. Onthou, hierdie oefening is net die begin, ná die kaartjie begin die uitreik-aksie om te gaan besoek. 

Hier is 3 verskillende idees om met handafdrukke ‘n kerskaartjie te maak.

https://kidscraftroom.com/handprint-christmas-tree-cards/

https://www.gluedtomycraftsblog.com/2015/12/handprint-christmas-tree-cards.html

https://www.learningandexploringthroughplay.com/2019/12/hand-print-christmas-tree-cards.html