Skip to main content
Erediens: Jeugdiens

Jeugdiens: Naby

By January 20, 2017No Comments

naby Facebook banner

Tema: Genade verniet

Teks: Romeine 10:5-15

Die jaar het begin en ons almal moet het sekerlik weer nuwe jaar voornemens gemaak of beplan om iets af te handel hierdie jaar. Dalk gaan jy hierdie jaar al daardie gewig verloor, leer kitaar speel, die marathon hardloop, jou roetine opskerp sodat jy nie van die huis af ook hoef te werk nie.

Dadelik het hierdie jaar ook seker weg gespring met nuus oor hoe swaar ons gaan kry en hoe moeilik dit gaan wees om daardie voornemens na te kom. Die petrol is reeds op en inflasie maak ons kos duurder. By die skool het hulle vir jou gesê dat hierdie jaar moeiliker gaan wees, jy is nie meer ‘n kind nie, jy gaan moet hard werk (moenie te erg daaroor worry nie, hulle gaan dit elke jaar vir jou se.). Dit is hoe ons wêreld in mekaar steek, dit is hoe ons salarisse verdoen, matriek sertifikate kry, grade kry. Ons kry net as ons dit verdien of hard gewerk het daarvoor. Daarom het ek gedink om met julle goeie nuus te deel, die Evangelie, wet letterlik “goeie nuus” beteken.

Wanneer ons die Evangelies van Jesus lees (die boeke in die begin van die Nuwe Testament) wat ons die verhaal van Jesus vertel, leer ons dat die belangrikste ding wat jy vir hierdie jaar nodig het, die een ding wat alles laat sin maak, die een ding wat ons nodig het om die mens te word wat God ons geskep het om te wees, nie iets is waarvoor jy hoef te werk nie. Vir die eenvoudige rede: jy nie kan nie!

Wanneer ons Paulus se brief aan die gemeente in die boek Romeine lees, dan word dit vir ons mooi verduidelik.

Vir die res van die boodskap kan hierdie skakel gevolg word: Romeine 10 preek

Vir die kategese materiaal oor hierdie teks en tema kan hierdie skakel gebruik word: Naby kategese

Die prent hieronder kan afgelaai en gebruik word as ‘n sosiale media “post”, deur regs te “click” en die “save picture as” opsie te gebruik. (Die prent heel bo kan op dieselfde manier afgelaai word om as ‘n Facebook “banner” te gebruik)

 

“Niemand wat in Hom glo,sal teleurgestel word nie.”