Ons nooi alle predikante, jeugwerkers en jeugleiers uit na ‘n missionale blootstelling geleentheid. #imagine reël hierdie (en ander) geleentheid vir gemeentes om blootstelling te kry en saam na te dink oor uitreike. Bring ‘n groepie tieners en bly saam op ‘n kampterrein by Llandudno, Kaapstad. In die dag sal daar besoeke wees aan organisasies en kerke wat uitreike en diensprojekte lei. Saans sal daar saam gesels word om na te dink oor hoe jul in jul konteks meer missionaal kan wees.
Datum: Di 18 Julie – Sat 22 Julie
Apostle Battery Kampterrein
Tye Dinsdag 6nm – Saterdag 1nm
Koste R700 (borgskappe is beskikbaar)
Etes en verblyf is ingesluit.
Vir meer inligting of om in te skryf kontak José by die jeugkantoor:[email protected] 021 808 3381
Nog inligting:
- Gerhard Duvenhage (JAM) wat hierdie jaar ‘n spreker was by #imagine, sal hierdie jaar se Mission Exposure lei.
- Elke groep van 10 of minder tieners moet ‘n leier saambring.
- Eie vervoer na en van die terrein, en waar moontlik ook tydens die paar dae.
- Ons besoek organisasies wat werk met byvoorbeeld mense wat op straat is (MES), immigrante en kinders wat in plakkerskampe woon (JAM), Kruis kulturele blootstelling
Vriendelike groete
Ds Anriette de Ridder
PSD Jeug en Familiebediening