Skip to main content
Kinderbediening

Idees vir Connection tussen Kinders van Verskillende Ouderdomme

By November 21, 2017No Comments

  1. Tieners of ouer kinders kan aangewend word as leiers: Die gemeente kan byvoorbeeld tieners gebruik as kampleiers of as groepleiers by junior kategese. Matrieks kan ook hulpleiers wees saam met ‘n volwassene by senior kategese.
  2. Tieners kan die leiers/helpers wees by kinderprogramme met laerskool kinders: ‘n Voorbeeld hiervan is Kix-groepe wat weekliks in die gemeente/skool/gemeenskap weekliks aangebied word (kixkinders.co.za).
  3. Mentorprogramme waar tieners in mentorverhoudinge is met jonger kinders/tieners: Een moontlik program wat gevolg kan word is dat Gr. 8’s connect word met ‘n ouer, gelowige tiener. Die program begin met ‘n 6 weke basiese geloofskursus wat hulle saam bywoon en daarna reël die mentor en die gr. 8 spontane afsprake deur die loop van die jaar.
  4. Interouderdom byeenkomste/groepe: Daar kan byvoorbeeld ‘n piekniek of pannekoekbak gereël word vir die hele laerskool kategese of ‘n avontuuruitstappie soos stap in die berg vir die tieners. ‘n Ander moontlikheid is kleingroepe van verskillende grade kinders/tieners binne ‘n koshuis.
  5. Twee gemeentes of jeuggroepe uit verskillende kerke/kulture kan iets saam doen of net saam kuier: Die NG Kerk en charismatiese kerke van ‘n dorp kan byvoorbeeld ‘n pretdag saam reël of die VG en NG Kerke van die ring se jongmense kan saam kamp.
  6. Kinders/tieners kan blootgestel word aan ander mense uit die gemeenskap met verhoudingsgerigte geleenthede: ‘n Speletjiesdag kan byvoorbeeld gereël word gesinne in die omgewing wat vir die hele gemeente aangebied word soos #imagine kidz.