Idee boks
Maak idees bymekaar (gebruik plaaslike koerant, internet of die kerkblaadjie) om saam te doen. Dink aan groot en klein (maklike) idees om te doen. Gooi dit in ‘n spesiale boks of houer en trek ‘n idee wanneer jul iets saam wil aanpak.

Gemeenskapsprojek
Vind uit of daar nie reeds ‘n kerk/organisasie/projek in julle gemeenskap is waarby julle as gesin kan aansluit of vir wie julle kan help. Vind ook uit wat word in jul omgewing gedoen vir mense wat op straat woon en ondersteun dié projekte.

Brand ‘n kersie
Steek elke aand ‘n kers aan en bid vir een ander persoon buite julle gesin.

Help die diere
Help ‘n organisasie wat met diere werk of die omgewing bewaar – skenk jul tyd as vrywilligers.

Skenk en seën
Maak gereeld julle kaste leeg en skenk alle klere, speelgoed, boeke ens., wat nog in ‘n goeie toestand is, vir julle plaaslike kerk of ‘n organisasie wat dit vir mense kan gee wat dit nodig het/kan gebruik.

Pas die aarde op
Beoefen herwinning in julle huis, en bespaar water en elektrisiteit. Plant groente en ry minder. Gebruik die internet vir praktiese idees hieroor.

Koffietyd
Bou ‘n verhouding met mense of ‘n gesin van ‘n ander kultuur of inkomstegroep en gaan drink saam koffie.

Ken jou werksmense
Indien daar mense is wat vir julle gesin werk of kollegas wat saam met julle werk, besoek hulle wonings en leer hulle gesinne ken.

Oggendgebed
Bid St. Franciscus se gebed elke oggend, voordat almal uit die huis gaan.

Here,
Maak my ‘n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat ek liefde bring.
Waar daar foute is, laat ek vergifnis bring.
Waar daar twyfel is, laat ek geloof bring.
Waar daar nie hoop is nie, laat ek hoop bring.
Waar daar donker is, laat ek lig bring.
Waar daar hartseer is, laat ek vreugde bring.

Here,
Laat ek ander troos, eerder as om self getroos te wil word.
Laat ek ander verstaan, eerder as om verstaan te wil word.
Laat ek lief wees vir ander, eerder as om liefgehê te wil word.
Want deur te gee, kry ek.
Deur te vergewe, word ek vergewe.
Deur te sterf, sal ek ewig lewe.
Amen

Hierdie idees kom uit die boekie:
“Ons huis oefen – 9 geloofsgewoontes” deur Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen.
Dit kan bestel word by Bybel-Media:

Huisgeloof-reeks 1: Ons huis oefen

Leave a Reply

en_ZAEnglish