Hierdie foto is net voor ‘lockdown’ in NG Parowvallei-Oos geneem.
In hierdie voorstelling van die kruisiging is ‘n swart plastiekpyp gebruik vir die “graf” en ‘n lappie wys dit is leeg. Kinders sal ook hierdie projek geniet.
Benodigdhede:
– groot blombak om dit in te maak
– palmboompie
– plastiekhouer vir die graf
– kruise van stokke gemaak
– los klippies
– groot klip
Met erkenning aan Almarie Olckers van NG Parowvallei-Oos.