Skip to main content

Hierdie reeks idees sluit aan by die “Ons huis oefen” boekie.

Rus in die natuur
Gaan stap ‘n ent. Let op al die geluide, kleure, teksture en lewe in julle omgewing. Gaan sit rustig iewers en haal diep asem. Raak bewus van alles rondom julle. Julle kan ook “verkykers” van toiletrolle maak of vir die kinders ‘n vergrootglas saamneem.

‘n Rus-plakkaat
Soek prente in tydskrifte of op die internet van verskillende maniere waarop ‘n mens kan rus, soos deur musiek te luister of deur te lees. Maak ‘n plakkaat van julle prente. Gesels dan oor wat julle graag by julle lewe sou wou insluit.

Tegnologiese Sabbat
Kies een dag in ‘n week, of ‘n spesifieke tydgleuf van elke dag, en bêre julle selfone. Praat ook oor wanneer julle gaan rus van TV-kyk en rekenaars of iPads.

Sondaguitreik
Is daar iets wat julle met julle “rustyd” kan doen, soos om iewers ‘n verskil te maak in die nood in ons land? Kan julle iemand gaan besoek of by ‘n uitreik-aksie betrokke raak?

Sabbat-bucket list
Dink aan dié dinge wat vir julle as gesin belangrik is, maar waarby julle nie uitkom nie. Stel ‘n lys saam en kies elke week of maand een ding op julle lys om saam te doen. Daar is baie voorbeelde op Pinterest.

Rus-speellys
Stel as gesin saam ‘n speellys op van liedjies wat julle rustig laat voel.

Opgestel deur ds Francois Maritz.

Vir die volledige boekie, kyk hier:

Huisgeloof-reeks 1: Ons huis oefen

Leave a Reply