Skip to main content

Hierdie reeks idees sluit aan by die “Ons huis oefen” boekie.

Oggendgebed
Bid Franciscus van Assisi se gebed elke oggend voordat almal uit die huis gaan.

Steek ‘n kersie aan
Steek elke aand ‘n kersie aan en bid vir een ander mens wat nie deel van julle gesin is nie.

Idee-boks
Maak idees bymekaar oor wat julle saam kan doen om ‘n verskil te maak. Gebruik die plaaslike koerant, gemeenteblad of die internet. Dink aan groot en klein (maklike) idees om iets saam te doen. Gooi julle voorstelle in ‘n spesiale boks en trek een uit wanneer julle ‘n projek saam wil aanpak.

Gemeenskapsprojek
Vind uit of daar ‘n gemeente, organisasie of projek in julle gemeenskap is waarby julle as gesin betrokke kan raak. Vind ook uit wat reeds in julle omgewing gedoen word vir mense wat op straat bly en ondersteun dié projekte.

Help die diere
Help ‘n organisasie wat met diere werk of die omgewing bewaar. Gee julle tyd as vrywilligers.

Pas die aarde op
Herwin in julle huis wat julle kan en bespaar water en elektrisiteit waar julle kan. Plant groente en ry minder. Soek op die internet vir praktiese idees hieroor.

Koffietyd
Bou ‘n verhouding met mense of ‘n gesin van ‘n ander kultuur of inkomstegroep deur gereeld saam te gaan koffie drink.

Opgestel deur ds Francois Maritz.

Vir die volledige boekie, kyk hier.

Leave a Reply