Skip to main content

Hierdie reeks idees sluit aan by die “Ons huis oefen” boekie.

Opstaantyd
Kies ’n liedjie, Bybelteks of seëngebed wat julle elke oggend met opstaantyd met mekaar kan deel.

Badkamerspieël
Plak ’n papier op die badkamerspieël met hierdie woorde daarop: “Die Here het my skoon gewas. Ek is gedoop.” Sê dit sommer hardop elke oggend.

Vertrek en aankoms
Maak ’n kruisie op mekaar se voorkoppe en herinner mekaar dat Jesus by julle is wanneer julle nou vertrek. Of groet mekaar met ’n high five en die woorde: “Jy is great! Jy is God se kind!” Gee mekaar altyd ’n drukkie wanneer julle by die huis kom.

In die motor
Stel ’n speellys saam om in die motor te luister wanneer julle saam iewers heen ry.
Soek elke dag na iets langs die pad wat julle aan God herinner.

Eet saam
Maak plekmatjies met ’n seëngebed daarop wat julle tydens of voor elke ete saam kan bid.
Maak ’n familiekers wat julle elke aand kan aansteek. Plak ’n spesiale teksvers (soos 1 Kor 10:31) op die kers en lees dit saans saam.
Breek een keer per week ’n broodjie as simbool van Jesus se teenwoordigheid by julle.

Slaaptyd
Bid voordat julle gaan slaap.
Deel iets wat iemand in die gesin gedoen het waarop julle trots is.

Opgestel deur ds Francois Maritz.

Vir die volledige boekie, kyk hier.

Leave a Reply