Skip to main content

Hierdie reeks idees sluit aan by die “Ons huis oefen” boekie.

Dankie-tyd
Kies ‘n spesifieke tyd van die dag wanneer julle vir mekaar gaan sê waarvoor julle dankbaar is. Merk hierdie dankie-tyd met ‘n plakker of pyl op die kombuishorlosie om daarvan te onthou.

Lees dankpsalms
Lees elke dag vir ‘n bepaalde tyd (‘n week of twee) saam ‘n dankpsalm. Hier is voorbeelde: Psalm 8, 16, 23, 29, 34, 46, 66, 89, 91, 92, 93, 100, 104, 111, 113, 117, 118, 121, 134, 136, 139, 145, 147, 148 en 150.

Psalm 117 in die oggend
Lees elke oggend voordat julle by die huis uitgaan hierdie kort psalm.

Gebedeboek of swartbord
Skryf alles waarvoor julle dankbaar is in ‘n gebedeboek of op ‘n swartbord in julle huis neer. Lees een keer per week deur julle lys.

Help ander mense
Leef julle dankbaarheid uit deur wat julle het, met ander mense te deel. Dit sluit in julle geld, tyd en menswees. Wanneer julle begin om ander mense met julle gawes te dien, maak dit julle oë oop vir wat julle reeds het.

Briefies
Skryf ‘n dankie-sê briefie vir die mense rondom jou.

Dankie-sê screensavers
Soek aanhalings en mooi foto’s op die internet en maak vir julle selfone en rekenaars mooi screensavers of deel dit op Instagram om mekaar gereeld te herinner om dankbaar te leef.

Opgestel deur ds Francois Maritz.

Vir die volledige boekie, kyk hier.

Leave a Reply