Skip to main content
Familie Netwerk

Huisgeloof en die senior lidmaat

By September 20, 2018No Comments

Hoekom senior lidmate betrek by huisgeloof?

Huisgeloof is nie net ‘n kinder- of gesinsbediening program nie, maar ʼn manier om kerk te doen.  Ons eerste gedagte aan huisgeloof is hoe ons ouers kan help om geloofsvorming by die huis te kan doen, maar geloofsvorming is ʼn lewenslange proses wat alle ouderdomme insluit.

Die gemeente kan lidmate in alle bedieninge en lewensfases toerus om binne hulle lewensfase steeds van God te leer.  Daar is altyd meer van God om te ontdek, God is oneindig kenbaar.

Huisgeloof is ook ʼn bediening deur lidmate.  Ouers is die geloofsvormers van hulle kinders.  Oupas en Oumas kan hulle kinders help om hulle roeping in hul huisgesin uit te leef.  Mans en vrouens kan mekaar motiveer om toenemend gehoorsaam te wees aan hulle roeping tot geestelike volwassenheid.  Kinders kan mekaar help ondek wie God is.  over lidmate kan jonger lidmate begeleid (en anders om).  Huisgeloof is dus die toerusting van en die toerusting deur lidmate in die geloofsfamilie.

Het jullie al ooit in die gemeente gedink aan familiebediening of huisgeloof met betrekking tot die senior lidmaat? Huisgeloofbediening aan senior lidmate maar ook deur senior lidmate? Maak tyd in die gemeente om hieroor te gesels en dit deel van jul strategie te maak.

Geskryf deur Chris Swart na aanleiding van ‘n Huisgeloof Netwerk gesprek in die Oostelike Sinode oor die onderwerp.