Idees om in gesinne oor nagmaal saam te gesels
Lees en bespreek die verhaal van die eerste nagmaal in Matteus 26: 26-30
- Hoe sal jy die Nagmaal verduidelik aan iemand wat dit vir die eerste keer gaan gebruik?
- Maak ‘n plakkaat met ten minste 5 verskillende woorde wat Nagmaal beskryf.
- Vind uit wanneer julle volgende Nagmaal-Sondag by die gemeente is. Hoe kan jul as gesin daar dien? Bv. help met die brood sny, die tekens uitdeel, opwas na die tyd ens.
- Bak brood saam as familie. Terwyl julle die brood bak, gesels oor julle eerste Nagmaal ervaring of wat die Nagmaal beteken.
Om meer te lees oor nagmaal of ‘n Bybelstudie oor die tema saam te doen, besoek: https://www.onsglo.co.za/nagmaal/
Die “onsglo” toep is ook gratis beskikbaar om af te laai vanaf die google playstore en die appstore.