Skip to main content
Jong Volwassenes

Hoe vorder die gesprek oor Jong Volwassenes in jou gemeente?

By September 20, 2018February 28th, 2024No Comments

Gebruik hierdie vrae in die ring of kerkraad om te luister en te evalueer hoe die gesprek oor Jong Volwassenes (s.g. millennials) vorder….

  • Vertel wat jy/julle gedoen het om te ontdek wat jongmense nodig het?
  • Of vertel van ‘n keer toe jy/julle jongmense betrek het?

Dalk het jy:

  • Doelbewus met ‘n millennial gesels?
  • Die plakker uitdaging gedoen? (deel ‘n wacky Wednesday burger special, koop data, speel ‘n bordspeletjie, stap in die natuur, maak saam kos)*
  • Die poskaarte gebruik met die verhale van millennials agterop?*
  • ‘n Gesprek gereël in jou ring of dorp oor of met jong volwassenes
  • ‘n Vergadering beplan met millennials op die agenda
  • ‘n Jong predikant, jeugwerker of teologie student genooi of leer ken
  • ‘n Kursus bygewoon, ‘n artikel of boek gelees of ‘n youtube video gekyk oor die millennial generasie of die toekoms van die kerk
  • ‘n Jonger persoon betrek by ‘n diensgroep, kommissie, bediening of projek
  • ‘n Jong volwassene betrek by die kerkraad of ander leiersgroep

Vrae en voorbeelde saamgestel deur die Jong Volwasse Leer Gemeenskap 2018.

Laai die plakkers hier af: Millennial Plakkers
Laai die poskaarte hier af: Stories van Hoop poskaarte