Skip to main content
Ouerleiding

Hoe maak ons ‘n verskil in skole?

By September 20, 2018No Comments

Toegerus vir die Toekoms

Inleidend:

Kinders wat blootstelling aan die evangelie kry in die skool konteks het ‘n

  • 39% laer kans vir risiko gedrag
  • 59% hoër waarskynlikheid om om te gee vir ander
  • 59% positiewer verhoudings met ander

Daar is ongeveer 56 000 kerke end 26 000 skole in die land. Dit is dus heel haalbaar moontlik dat kerke ‘n impak kan maak op jongmense se vorming in die skool konteks. Daarom moet ons aanhou planne maak hoe ons as gelowige ouers en gemeente betrokke kan wees by skole.

Wetgewing maak godsdiensbeoefening op skoolgronde moontlik, mits dit nie gedwonge is nie, en gelyke geleenthede bied. Daar is baie maniere waarop jy / jul gemeente betrokke kan raak om die plaaslike skole te dien. Jongmense is opsoek na die hoop van die evangelie, ouers wat omgee, ‘n ware ontmoeting met God (en aanbidding), Christen rolmodelle, mentorskap en iemand wat persoonlik vir hulle omgee.

12 praktiese voorstelle:

 

  1. Stig ‘n forum vir verskillende denominasies wat betrokke is by die skool sodat daar saam gedink end beplan kan word (onder ‘n bepaalde etos).
  2. Stel ‘n etos vir jou skool wat onderwysers en betrokke geloofsleiers wat betrokke is by die skool moet onderteken wat die “middelgrond” beskerm en die verskille tussen denominasies, godsdienste ens. beskerm.
  3. Plaas jeugmentors in skole (maak seker hulle is goed opgelei en word begelei).
  4. Help skole om ‘n waarde program te implementeer.
  5. Bied aan om leierskap opleiding te gee (nie net aan prefekte nie)
  6. Reël ouerskap kursusse of praatjies in die skoolsaal.
  7. Ontwikkel ‘n formeel georganiseerde mentorskap program (met toestemming van betrokke ouers).
  8. Begin groepe of ‘n gereelde byeenkoms in die nasorg of in koshuise (met betrokke ouers se toestemming).
  9. Begin ‘n kleuterskool in jou gemeenskap of in jou kerkgebou.
  10. Ondersteun die christelike aksie (soos VCSV) in die skool, of bied aan om dit op die been te bring. Dit kan met die inkoop van die skool in ‘n verlengde pouse plaasvind.
  11. Gryp die geleenthede aan om saal openinge waar te neem, maar respekteer die etos van die skool.
  12. Maak seker daar is goeie netwerke wat voorsien aan die emosionele, fisiese en geestelike nood van kinders (bv. met maatskaplike dienste).

 

Nog 12 wenke vir ouers:

  1. Onthou om te bid vir die skool. Begin ‘n groep van ouers wat gereeld vir gebedsversoeke van die onderwysers of kinders bid.
  2. Leer ken die hoof.
  3. Ondersteun onderwysers, sê vir hulle dankie. ‘n Projek met klein briefies of geskenkies kan hiermee help.
  4. Kweek ‘n positiewe houding teenoor die skool tussen ouers, veral in WhatsApp groepe.
  5. Dien op die beheerliggame of ondersteun hulle.
  6. Dien op die ouervereniging of ondersteun fondsinsamelings.
  7. Beoefen positiewe dissipline, respek en mooi maniere tuis.
  8. Help met sportafrigting of kultuur aangeleenthede.
  9. Help by die voeding-aksie of ander hulp-projekte.
  10. Stig ‘n huiswerk groepie om kinders /tieners te help wie se ouers werk of onbetrokke is.
  11. Lees vir kinders by die nasorg.
  12. Gee vir kinders wat behoeftig is, R50 vir entrepreneursdag sodat hulle ook kan deelneem.

Opgesom deur Anriëtte de Ridder na aanleiding van die aanbieding deur Gert van der Merwe van die organisasie “ToekomsNou”. Hy het as spreker opgetree by die Kinderkonferensie met die tema “Toegerus vir die Toekoms” gehou in September 2018 te Kuilsrivier, Kaapstad.

Toekomsnou se leuse is: “Die jeug is die toekoms en die toekoms is nou!”

Besoek hulle by www.toekomsnou.co.za