1. Ondersteun en bemoedig
Skep geleenthede waar kinders bv. kan uitreik na die personeel van publieke dienste (soos die brandweer, polisie, hospitale).
2. Bewusmaking
Help kinders om plakkate te maak met wenke hoe om water te bespaar, of bemagtig tieners om ’n herwinnings- of dierebeskermingsprojek te dryf.
3. Insameling
Stel jou jeug in staat om klere en skoene vir ’n bepaalde uitreik in te samel, of help hulle om geld in te samel vir ’n instansie wat besig is met natuurbewaring.
4. Hulp
Skep geleenthede waar ouer jongmense jonger kinders help met huiswerk, of speletjies aanbied by die nasorg of ’n les aanbied by ’n kinderhuis.
5. Aktiveer / Protes
Moedig kinders aan om pienk of rooi strikkies te dra op spesiale dae, of om die ‘Thursdays in Black’ beweging te steun deur op Donderdae te protesteer teen geweld. Reël ’n protesoptog deur die strate teen bv. die dwelmkultuur.
6. Skoonmaak / Opruim
Reël ’n werksdag by die plaaslike crèche of polisiekantoor, of reël dat hulle die vullis langs die rivier of in die park optel.
7. Uitdeel
Organiseer ’n geleentheid waar jou jeug die kos by ’n sopkombuis uitdeel, of deel kospakkies uit onder behoeftiges.
8. Ander?
Het jy dalk ander idees – iets wat julle dalk doen wat werk? Deel dit gerus en stuur dit sommer saam met ’n paar foto’s aan ons!