Skip to main content
Kategese: HoërskoolKategese: LaerskoolKategese: Voorskool

Hoe gebruik jy ONSGLO?

By November 9, 2017July 16th, 2020No Comments

As jy dalk op soek is na huisgeloof materiaal vir jou gemeente se gesinne of ‘n groener alternatief vir jou tiener kategese materiaal, dan is die Onsglo.co.za webtuiste en selfoon toep dalk net wat jy nodig het.

NG Gordonsbaai het die Onslgo toep gebruik vir hulle huisgeloof en Tiener bediening. Die eerste voordeel van hierdie selfoon toep is dat daar geen materiaal gedruk of aangekoop hoef te word nie. Gesinne en kategete word aangemoedig om die Onsglo selfoon toep af te laai van die “Play store” af en word dan net ingelig oor watter tema volgende bespreek gaan word.

Onsglo het binne die verskillende temas wat behandel word onderafdelings van aktiwiteite wat die leser help om ‘n spesifieke teks en tema te verken. Die Kyk, Dink en Doen aktiwiteite onder elke tema kan gesinne en tiener kleingroepe help om die gekose teks vir die week se tema te verken. Die taalgebruik is van so ‘n aard dat dit net so gebruik kan word in tiener kleingroepe maar sal waarskynlik ‘n bietjie meer verduidelik moet word wanneer dit in ‘n gesin met jonger kinders gebruik word.

Onsglo het nie net aktiwiteite wat kleingroepe en gesinne kan help om ‘n teks te verken nie, maar het ook voorstelle vir gebed en aktiwiteite vir families, tieners en individue onderskeidelik. Hierdie voorstelle is praktiese maniere om gebed te leef en om die teks en tema te oefen as ‘n lewensritme.

Die ideaal sal wees dat gemeentes gebruik maak van Onsglo se tekste as preek tekste in ‘n reeks en die toep dan laat dien as materiaal wat in kleingroepe of gesinne gebruik kan word om die teks verder te verken.