Help jongmense om self met God te connect | Deel 1: Die Bybel
Sommige jongmense begin geloofsgewoontes soos stiltetyd hou, bid en getuig spontaan beoefen, of hulle leer dit by die voorbeeld wat hulle ouers vir hulle stel.
Maar vir baie bly dit iets waarvan hulle dalk hoor by die kerk of kategese, maar nie self doen nie. Dit is dus baie belangrik dat kategese nie net ‘n ruimte is waar ons oor God gesels nie, maar ook met God gesels en waar ons geloofsgewoontes inoefen.
Een daarvan is hoe om self die Bybel te lees en God se stem daarin te hoor. Dit is een belangrike vaardigheid wat kinders kan leer om self te doen, veral vanaf Graad 6.
Luister hier na die podcast:
Hier is ‘n boekmerk hulpmiddel om vir jongmense ‘n maklike tegniek te wys om enige Bybelteks te benader:
Bybelstudie boekmerk 4 per bl kleur