Skip to main content
Huisgeloof Argief

Handelinge 16:25-26

By June 19, 2024No Comments

Dag 5: Connect met God

Lofprysing 

Een oggend kom ek by ons Voorbereidingskool aan waar ek Lofprysing en Aanbiddingsgeleenthede met die kinders het.  Dis eenvoudige, energieke liedjies wat ons op ‘n weeklikse basis gesing het.  Terwyl ek die saal instap, kom ‘n klein Gr.3 dogtertjie na my toe.  Sy sê die volgende vir my: “ Tannie, ek wil net vir tannie sê, ek was een aand baie bang terwyl ek in my kamer gelê het.  Toe begin ek net Hosanna, die Heer is aan my kant” te sing.  Tannie ek het toe baie beter gevoel en baie lekker geslaap.”   

‘n Eenvoudige storie wat die krag van Lofprysing baie duidelik beskryf.  Of dit goed gaan of sleg gaan met ons, moet ons nie die krag van Lofprysing om met God te connect, onderskat nie.   

Kom ons lees saam in Handelinge 16:25-26 

25 Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. 26 Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom! 

Gesels nou saam oor die volgende vrae.

  1. Wat staan vir jou uit in hierdie teks? 
  2. Hoe gereeld sing jy vir die Here? 
  3. Op watter ander manier bring jy lof aan die Here? 

Kom ons bid saam.

Here, ek wil U loof en prys orals waar ek gaan.

Amen 

Doen nou die volgende saam:  

Kies ‘n tyd waar julle as gesin elke dag net een lied saam vir die Here sing en so ook aan Hom die eer gee vir julle dag. 

Die Here sal by julle wees en julle lei orals waar julle gaan. Amen 

Leave a Reply