Dit is in tye van krisis wat ons uitgedaag word om nuwe moontlikhede raak te sien en te ontgin. Hand in Hand is ‘n reeks vir huise om Kinderpinkster tuis te vier en maak gebruik van Huisgeloof beginsels.
Die reeks bestaan uit 8 geleenthede (Hemelvaart, Sondag tot Vrydag en Pinksterfees) en hanteer met elke geleentheid ‘n Psalm en ‘n bypassende handgebaar. Ons eindig feestelik op Pinkstersondag met al die handgebare wat saam ‘n koek bak om die verjaarsdag van die kerk te vier. Wanneer ons so saam die koek bak herinner dit ons
dat ons die kerk is en dat God ons hande wil gebruik om ‘n verskil in die wêreld te maak.
Die reeks is so uiteengesit en verpak dat dit maklik en goedkoop versprei en gebruik kan word. Elke byeenkoms volg dieselfde ritme – Welkom, Wonder, Wees en Wegstuur. Gebruikers is welkom om Lofprysing en Aanbidding by te sit! Youtube het baie verskillende opsies wat julle kan gebruik of dalk het julle musiek by die huis, of dalk selfs so gelukkig om musikante in die huis te hê wat julle kan begelei.
Mag dit vir elke huis en gemeente tot seën wees om ook op hierdie anderste manier Pinkster te vier. Waar ons die geboorte van die kerk vier en herdenk, mag ons hoop vind in ‘n God wat ons in sy Hand vashou!
Geseënde Pinksterfees!
Marileen Steyn • Lou-Maré Denton • Jana Dickason • Lerisa Meyer
Yolandi Kok • Sulet Brümmer • Francois Maritz
Kry alle materiaal en video’s hier in Google Drive.
Kry die video’s op YouTube hier.
Kry die opsionele Pinkster pakkie hier: Pinkster pakkie
I would like to join ur weekly session