Hierdie gesprek kan tydens ‘n ringsetting, kerkraadsvergadering of spesiale byeenkoms plaasvind.
Begroot 60 minute vir die gesprek.
Vooraf moet almal wat die vergadering / gesprek bywoon, met 3 naskoolse jong volwassenes (tussen 18-30 jaar) gesels en 3 vrae vra. Deel ‘n vorm met die 3 vrae daarop uit waarop hulle elke gesprek se antwoord kan invul.
Vrae vooraf vir jong volwassenes:
Vraag 1: Vertel van iemand wat jy in ‘n outentieke verhouding is (buite jou kern gesin of verhoudings) … wat maak hierdie verhouding eg/outentiek?
Vraag 2:Vertel van iemand wat in jou glo en jou help om ‘n verskil in die wêreld te maak. Hoe doen hulle dit?
Vraag 3: Vertel van iemand wat jou help om as christen die vrae en uitdagings van die lewe te hanteer? Wat doen hy/sy wat jou die meeste help hiermee.
Fasiliteer ‘n gesprek oor jong volwassenes daarna as volg:
- Deel die stories en antwoorde op die 3 vrae wat jy vooraf ingesamel het.
- Maak ‘n lys van kriteria van dit wat jongmense sê hulle help om vanuit egte gemeenskap voluit te leef.
- Maak nou ‘n lys van al die ruimtes, geleenthede en groepe waarby jong volwassenes betrokke is of sou kon wees. Stel jouself in die skoene van ‘n jong volwassene. Hoekom is hulle daar of nie? Evalueer die ruimtes, geleenthede en groepe aan die hand van die kriteria wat jul opgestel het.
- Bespreek wat jul anders kan ons anders doen om dit wat in die pad staan uit die weg te ruim?
- Bespreek ook dit wat jul tans regkry en hoe om daardie inisiatiewe te ondersteunen te vermeerder.
Stuur gerus julle gespreksnotas of bevindinge na [email protected]
Opgestel deur Anriëtte de Ridder en Nico Simpson as deel van die Jong Volwasse Leer Gemeenskap se nadenke oor jongmense, die kerk en die toekoms.