Skip to main content

Die kinder-, jeug- en studentebediening van Geopende Deure Suider-Afrika strewe daarna om die plaaslike Kerk te bedien en om, sodoende, ook die vervolgde Kerk wêreldwyd op ʼn effektiewe wyse te bemoedig en te versterk. Ons is in staat om insiggewende multimedia-aanbiedings te gee, asook verskeie getuienisse uit die vervolgde Kerk, by skole, gemeentes en jeuggroepe. Ons jeugbediening fokus graag op diegene tussen die ouderdom van ses tot 21 jaar oud.

Ons programme word aangepas om in die behoeftes van die spesifieke gehoor te voldoen, asook die ouderdomme van die kinders en jongmense teenwoordig.
Ons aanbiedings kan omskryf word as aanbiedings by kleingroepe, skoolsaalopeninge, godsdiensperiodes, sendingweke, gebedsgroepe, Sondagskool- of Kinderkerkbyeenkomste, jeugkerkdienste, ens.
Die doel van hierdie aanbiedings is om die kinders en jeug in te lig oor die vervolgde Kerk, asook die werk van Geopende Deure in geslote lande reg om die wêreld.

Nooi ons gerus na jou gemeente of jeuggroep om te kom vertel van ons vervolgde broers en susters in Jesus Christus – húlle wat in ons geloof deel, maar nie ons vryheid nie! Kontak gerus ons Jeugkoördineerder, Natasja, vir meer besonderhede deur ʼn e-pos te stuur aan: [email protected] of besoek gerus ons webblad vir meer inligting.

Geopende Deure – Diens aan vervolgde Christene wêreldwyd!