Skip to main content
Huisgeloof Argief

Genesis 15:1-6

By June 19, 2024No Comments

Dag 3: Leef eenvoudiger

God is die een wat gee 

As jy enige iets kon vra en dit kry, wat sou jy wou he? Ons lewe in ‘n wereld waar advertensie orals is en ons probeer vertel wat ons regtig graag wil he en ons belowe dat dit die moeite werd sal wees om al ons geld daarvoor te gee. Ons sien oulike en mooi en cool selfone en karre en klere en speelgoed en dink partykeer ons sal gelukkig wees as ons dit kan kry.  

Maar ons lees ook baie keer dat baie ryk mense, wat alles het wat ons dink ons graag wil he, nie gelukkig is nie. Soms is die goed wat ons eintlik, diep ons ons harte, regtig wil he, goed wat ons nie kan koop nie, soms is dit goed waaraan ons nie kan vat nie, goed soos liefde, aanvaarding, om raak gesien te word, om nie meer eensaam te wees ens. 

Ons lees dat Abraham baie ryk was maar die een ding wat hy graag wou he kon hy nie koop nie, en dit was kinders. Toe God vir Abraham vertel dat hy hom gaan beloon kon Abraham vir God se wat hy regtig wil he en hy het geglo dat die Here hom hoor en weet wat vir hom so belangrik is 

Kom ons luister saam na Genesis 15:1-6 waar ons hoor wat God vir Abraham wil gee: 

Hierna het Abram gedroom die Here sê vir hom: 

“Abram, jy moenie bang wees nie. Ek sal jou beskerm. Ek sal vir jou baie gee.” 

2 Toe sê Abram: “Here, my Here, wat kan U vir my gee? Ek het nie kinders nie, en Eliëser, die man uit Damaskus, sal eendag al my goed *erf. 3 U het nie vir my ‘n *nageslag gegee nie, en daarom sal een van my *slawe alles erf wat ek het.” 

4 Toe praat die Here weer met Abram en Hy sê vir hom: “Nee, dit is nie ‘n slaaf wat al jou goed sal erf nie. Net jou eie seun sal jou goed erf.” 

5 Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.” 

6 Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom. 

Gesels nou saam oor die volgende vrae.

  1. Dink jy jy weet wat jy regtig wil he?  
  2. Hoe kan ons uitvind wat regtig belangrik is? 
  3. Hoe kan ons die geraas van advertensies in ons lewens minder maak?  

Kom ons bid saam.

Dankie Here dat U weet wat ons regtig graag wil he. Help ons om ook uit te vind wat dit is wat ons wil he en maak ons vry van ons gejaag om daardie behoefte met ander dinge te bevredig. 

Amen 

Doen nou die volgende saam. Hier is ‘n voorstel:  

Vroeër het julle gepraat oor maniere waarop julle advertensies kan minder maak in julle lewens, besluit saam hoe en doen dit dan. 

Mag die Here by elkeen wees en bly. 

Leave a Reply