Skip to main content

Hierdie Kinderpinkster-reeks het die doel om die Heilige Gees opnuut en vars aan kinders voor te stel, met die daaropvolgende doel dat hulle vir die Gees lief raak, en met hom en sy werk bekend raak.

Waar ander Kinderpinkster-reekse dalk slegs reekse is oor algemene temas met ’n Bybelse inslag, is die
fokus van hierdie reeks liewers om Pinkster te vier, bekend te raak met wat Pinkster is, en om moontlike
onkunde in die kerk oor die Heilige Gees se persoon en werk aan te spreek.

Hierdie reeks fokus dus op kern teksgedeeltes in die Bybel, beide Ou en Nuwe Testament, wat beide die
tyd van Pinkster en die persoon van die Heilige Gees na vore bring, met speletjies en aktiwiteite wat
daarby pas.

Daar is in totaal 7 byeenkomste, maar dit is nie noodwendig nodig om al 7 by jou gemeente aan te bied
nie, en hulle kan gebruik en aangepas word soos benodig.

Laai dit hier af: Gee-my-n-G-E-E-S-Kinderpinkster-Reeks

Leave a Reply