Skip to main content
HuisgeloofTienerbediening

Gebed: Vinger-labirint

By July 16, 2021July 19th, 2021No Comments

Een van die maniere om te stap en bid – sonder om op ‘n reis te gaan – is ‘n sirkelvormige gebedsroete of labirint. Dit het in die vroeë kerk onstaan. ‘n Labirint lyk soos ‘n “maze” of doolhof, maar dit is glad nie dieselfde nie, want jy kan nie wegraak nie. Daar is net een paadjie in en weer uit wat jy volg.

‘n Mens kan ‘n labirint in ‘n tuin uitpak met klippe of met kalk afmerk. Dalk kan julle as familie dit aanpak. Maar hier is solank ‘n mini-weergawe – ‘n vinger-labirint wat julle kan uitdruk of op julle selfone vertoon en gebruik om mee te bid.

Laai die PDF hier af: Vinger labirint

of klik op die prentjie om dit af te laai

Hier is ‘n labirint met emoji’s:

Gebed: Labirint

Leave a Reply