Skip to main content
Tienerbediening

Future Now – skole projek van die Hoëveld Sinode

By December 1, 2016No Comments

www-gazillionthanks-com-6Volgens Gert van der Merwe help Toekoms Nou / Future Now vir gemeentes om `n venootskap met skole aan te gaan. Hulle vind dat baie kinders gaan nie meer kerk toe nie en dat die meeste skole oop is vir die kerk solank hulle aan sekere vereistes voldoen. Hierdie projek moet deel wees van ‘n kerk / kerke se missionale gestalte in ‘n gemeenskap.

Hulle wil die term jeugwerker vermy, praat van jeugmentors. Future Now kry kerke betrokke by skole – daar is min of meer 2 kerke per skool as jy die hoeveelheid kerke deur die hoeveelheid skole deel.

Hoe werk dit?

  • Hulle fokus daarop om ‘n ouer persoon aan te stel (met ander woorde nie eks-matriekulant nie, maar iemand met ‘n graad of ervaring, minstens 21jaar oud).
  • Hulle beoog om ‘n salaris gelykstaande aan onderwysersalaris te betaal. Daar is verskeie scenarios bv ‘n afgestudeerde predikante wat nie ‘n “vol” pos kan kry nie, word bv 50-50 pos tussen kerk en futurenow aangebied.
  • Die jeugmentor werk minstens 4 dae by die skool, het kantoor by die skool en is vorm deel van die personeel
  • Future Now stig HUBs wat hierdie mense begelei. Dit bestaan uit gemeenteleiers ens wat mekaar ondersteun.
  • Future Now bied ook praktiese opleiding
  • Die Jeugmentor doen voorkomingswerk asook geloofsontwikkeling (eerder as om die heeltyd berading te doen).
  • Materiaal hang af van konteks, maar die hub bied raad vir jeugmentors
  • Verhoudingsbou is baie belangrik – met die bestuur asook die kinders
  • Future Now word deur die NG Kerk Hoëveld Sinode befonds, asook skenkers

Kyk ook na futurenow.co.za

Hierdie artikel samegestel uit ‘n gesprek oor skole bediening gehou met ‘n groep jeugpredikante en jeugwerkers op 4 Augustus 2016 te Communitas. Die gesprek is gereël deur die Taakspan vir Jeug en Familie, Wes Kaap NG Kerk.