Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Werkersdag

Vandag is Werkersdag en dié vakansiedag word internasionaal in meer as 80 lande gevier. Op hierdie dag dink ons terug in die geskiedenis aan die die rol wat die werkermag en unies gespeel het in die stryd vir menseregte. Dit is ook vandag Sinodale Bid- en Dankdag.

Hulpmiddels: Drie items wat jy gekoop het wat deur iemand anders vervaardig is (bv. kos item, ‘n vervaardigde item en ‘n handgemaakte item).

Wys die items en vra: Wie kan raai waar ek dit gekry het en wie dit gemaak het? Gee hulle tyd om dit in hulle families te bespreek en kry dan terugvoer.

Die doel en belangrikheid van werk
Verduidelik dat jy al hierdie items kon koop, omdat iemand dit gekweek of gemaak het. Iemand het gewerk om hierdie goed te maak. En dat jy bly is hieroor, omdat al die items jou lewe op een of ander manier beter maak.

God het vir ons as mense die verantwoordelikheid gegee om te werk om vir mekaar en die aarde te sorg. Lees Genesis 2:15 “Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.”

Sommige van ons werk by ons werk, en sommige van ons werk by ons huise en sommige gaan skool toe. Maar Hy het ons almal gemaak om een ​​of ander soort werk te doen.

Ons vier vandag Werkersdag. Ons is dankbaar vir al die mense wat dinge kweek of maak of dienste lewer, sodat ons lewens beter kan wees.

Dankgebed: Skepper God, dankie dat U ons almal gemaak het om een ​​of ander soort werk te doen, sodat ons mekaar kan help en die aarde kan versorg. Help ons om met die regte gesindheid ons take te doen en U daardeur te dien. In Jesus se Naam bid ons dit, Amen.

Skakel na verlede jaar se Werkersdag wenk: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-02-05-2021-bid-en-dankdag-werkersdag/

Leave a Reply