Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Vrouedag
Hierdie Sondag se tema sluit aan by Vrouedag wat op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word.
Die geskiedenis van vrouedag
Met Vrouedag wat in die komende week gevier word, kan daar geleentheid geskep word tydens die diens om kortliks die geskiedenis van hierdie dag te vertel. (https://www.internationalwomensday.com/Missions/15556/National-Women-s-Day-in-South-Africa-is-a-powerful-day-for-equal-rights)
Gewone vroue wat ‘n verskil maak
Uit die geskiedenis van hierdie dag is dit duidelik dat vroue ‘n belangrike rol gespeel het in die stryd vir gelykheid en geregtigheid in Suid-Afrika. Baie van die vroue wat betrokke was in hierdie stryd, was vroue met gewone werke. Elkeen het met hulle gawes en talente ‘n verskil gemaak. Vertel kortliks iets oor elkeen van die volgende 3 vroue en vertoon ‘n foto van hulle op die skerm wat in die skakels gevind kan word:
Ida Fiye Mntwana, ‘n kleremaker: https://www.nhmsa.co.za/sculpture.html?tag=ida_mntwana
Bertha Mkhize, ‘n onderwyser: https://www.nhmsa.co.za/sculpture.html?tag=bertha_mkhize
Miriam Makeba, ‘n sanger: https://www.nhmsa.co.za/sculpture.html?tag=miriam_makeba
Vir gemeentes wat naby die Kaap is: Nooi gerus die gemeentelede uit om die geskiedkundige “Long March to Freedom” uitstalling van brons beelde te gaan besoek.
Meer inligting in die skakel: https://www.nhmsa.co.za/sculptures.html
Gesprekke in die banke: Vroue wat ‘n verskil in jou lewe gemaak het
Vra die gemeente om na mekaar te draai en te gesels oor die vroue in hulle lewe wat hulle geleer, gelei, getroos en gehelp het. Wie was hulle en wat was hulle beroep? Maak die punt dat die Here gewone mense gebruik wat met liefde hulle gawes gebruik om die wêreld te verander.