Skip to main content
Geloofsgewoontes

Vier oorwinnings

By September 29, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Vier oorwinnings

Hierdie week se wenk fokus op die geloofsgewoonte om oorwinnings te vier. Dit is ook ‘n geleentheid om in die gemeente, afhangende van die konteks, oorwinnings te noem soos groot huweliksherdenkings.

Cheers!
Het jy al ooit gewonder waar die gewoonte vandaan kom om ‘n glasie te klink en ‘n heildronk in te stel by ‘n belangrike gebeurtenis of ete? Die woord “cheers” kom van die ou Franse woord “chiere” wat blydskap beteken. Deur ‘n glasie te klink en “cheers” te sê, was dit ‘n manier om mekaar aan te moedig en om eenheid en oorwinning te vier en saam bly te wees.
(Wees sensitief oor alkohol – ons kan ook ‘n glasie met koeldrank klink.)

God het vir ons gawes en talente gegee wat ons tot sy eer kan gebruik. Wanneer ons oorwinnings in die lewe behaal, is dit iets om te vier. Op so ‘n manier erken ons die Here se teenwoordigheid in ons alledaagse lewe. Oorwinnings is divers en verskil vir elke persoon, bv. ’n baba wat die eerste keer loop, verbetering in skoolwerk, ‘n kind wat leer fiets ry of ‘n jongmens wat ‘n bestuurlisensie kry.

Gesels saam en kry daarna terugvoer:

  • Watter oorwinning het jy of julle as familie die afgelope tyd beleef?

Gebed
Doen ‘n dankgebed m.b.v. Psalm 100.

Nog ‘n idee:
Elkeen maak vir iemand anders in die familie ‘n sertifikaat oor ‘n prestasie waarvoor hulle nog nie erkenning gekry het nie. Die “prestasie” kan iets eenvoudig wees (nuwe resep aangeleer of gaan oefen) of dit kan ook ‘n karaktereienskap wees van daardie persoon (soos vriendelikheid of mededeelsaamheid) of ‘n goeie daad wat die persoon gedoen het (soos bed opmaak of kos maak). Oorhandig dit dan aan elkeen met ‘n kort verduideliking. Sluit af deur iets lekker te drinke te kry en ’n glasie op elkeen se prestasies te klink.

Leave a Reply