Skip to main content
FamiliegewoontesGeloofsgewoontes

Saam eet as geloofsgewoonte (brood metafoor 2)

By June 27, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Saam eet as geloofsgewoonte (brood metafoor 2)

Hierdie week gesels ons oor die belangrikheid van saam eet en tyd spandeer in verhoudings.

Vir die volgende drie Sondae gaan ons brood as ‘n metafoor gebruik in die erediens om te gesels oor waardes soos eenheid (verlede week se tema), tyd met mekaar, mededeelsaamheid en die nagmaal.

Benodigdhede: Dek ‘n tafel met ‘n tafeldoek, borde, kerse, botter en ‘n brood wat maklik gebreek en gedeel kan word, soos ‘n mosbolletjie brood.

Brood-breek as simbool van tyd saam spandeer
Vertel van jou geliefkoosde brood storie  / saam eet storie bv. die reuk van vars gebakte brood in jou ouma se kombuis. Die brood metafoor herinner ons hoe belangrik dit is om saam te eet en tyd saam te spandeer. Die skoolvakansie is ‘n goeie tyd om verhoudings in gesinne, tussen vriende en in die gemeente te versterk. Jesus stel vir ons ‘n voorbeeld van hoe ons saam met ander kan eet en só verhoudings versterk.

Gesels vrae: Laat gemeentelede met mekaar hulle geliefkoosde brood herinnering deel. Of vra – om watter tafel kon jy tuiskom as kind en hoekom?

Tweede vraag: Hoe is die atmosfeer om julle tafel tans en hoe kan julle dit verbeter?

Doen: Deel die mosbolletjie brood uit aan die kinders, of as jy vooraf genoeg brood reël, kan elkeen ‘n broodjie ontvang met die uitdaging om hierdie week saam met iemand aan tafel te sit, en só ‘n verhouding te versterk.

Wat is die verskil tussen ‘n kindermoment en ‘n familiemoment?
Die fokus in die kindermoment is op die kinders, terwyl die fokus van die familiemoment op almal is. Die familiemoment is egter wel kindervriendelik en inklusief van aard. ‘n Familiemoment word ook soms ‘n inter-generasionele of inter-ouderdom oomblik, omgee-tyd of interaksie-tyd genoem deur verskillende gemeentes. Nog verskille:

  • ‘n Kindermoment is ‘n kort kinderpreek, terwyl ‘n familiemoment eerder fokus op die kweek van gewoontes, die vestiging van waardes en die viering van die kerkjaar en lewensoorgange.
  • ‘n Familiemoment se hooffokus is die hele gemeente se interaksie met mekaar en met kinders en daarom word die kinders nie noodwendig na vore geroep nie.
  • ‘n Kindermoment wil kennis oordra. ‘n Familiemoment wil vir gemeentelede ‘n spasie skep vir almal om ‘n aspek van dissipelskap in te oefen. Doen, gesels en deelname is dus baie belangrik.

Leave a Reply