Skip to main content
Geloofsgewoontes

Rus en Ritmes

By September 6, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Rus en Ritmes

Hierdie week se tema is die geloofsgewoonte om te rus.

Geselsvraag: Watter Sondag “reëls” was daar in jou kinderdae?
Laat die kinders moeite doen om by die ouer persone in die gemeeente hulle ervaring uit te vind bv. geen sport, geen naaldwerk, mag nie kuier by maats nie, winkels was toe, ens.

Seisoene as voorbeeld
Benodigdhede: ‘n tak met bloeisels
Gebruik ‘n tak met bloeisels om te verduidelik dat hierdie tak “dood” gelyk het in die winter, maar nou blom dit. Die boom was nie dood nie; dit het gerus in die koue maande, sodat dit nou wanneer dit warmer raak, energie het vir nuwe lewe – ‘n vars begin.

Rus tyd steeds belangrik
Alhoewel die samelewing nie meer “reëls” handhaaf wat afgedwing word oor Sondae nie, is dit steeds belangrik dat ons rus en ritmes het wat ons help om in balans te lewe, perspektief te behou en tyd te maak vir God en mekaar. Ons het die seisoen van “winter” nodig, vir lente om aan te breek.

So byvoorbeeld, weet elke atleet hoe belangrik dit is om jou liggaam gereeld en genoeg hersteltyd te gee. As jy te veel oefen en nie jou spiere en liggaam laat rus nie, kan dit ’n nadelige invloed op jou prestasie hê. Tog is ons soms so besig en leef so gejaagd, dat ons nie tot rus kom nie.

Kerk toe kom is een gewoonte wat ons kan help om rustig te raak en balans te kry. So ook stilte, gebed, oefening, meditasie, slaap en familie tyd. Ons het daaglikse, weeklikse en jaarlikse gewoontes nodig om ons te help om te rus en te herstel.

Nog geselsvrae:

  • Watter rol speel tegnologie (TV, selfone, rekenaars, ensovoorts) in julle gesin? Keer dit julle om werklik rustig te raak?
  • Beteken “rus” net om sekere dinge nié te doen nie, of kan dit ook beteken om sekere (ander) dinge wel te doen? Kan julle aan voorbeelde dink?

Nog meer hulpmiddels:
Lees gerus die hoofstuk: Rus: ons hersteltyd in “Ons huis dien – Families glo saam” deur Anriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen, verkrygbaar by Bybel-Media https://eshop.bybelmedia.org.za/product/huisgeloof-reeks-4-ons-huis-dien/

Lees gerus die boek “The Tech-Wise Family. Everyday Steps for Putting Technology in Its Proper Place” deur Andy Crouch.
‘n Opsomming van die boek kan hier gevind word: https://www.restoringheartscounseling.com/2020/10/14/tech-wise-family/
en op ds Francois Maritz se blog: https://francoismaritz.com/the-tech-wise-family/

Huisgeloof: Idees vir hoe om te rus

Leave a Reply