Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Pinksterfees: Die Heilige Gees as vuur
Die tema van vandag se intergenerasionele wenk is Pinksterfees en die fokus is die Heilige Gees wat beskryf word as vuur in Handelinge 2:3.
Hierdie week is ook Biddag vir Ekologie. Indien jy daarby wil aansluit, kan jy die leesrooster teks (Psalm 104) oorweeg en die volgende gebedspunte gebruik:
Pinksterfees
As jy dit nie reeds gedoen het nie, verduidelik waar Pinkster inpas en beskryf kortliks die gebeure toe die Heilige Gees uitgestort is. Gebruik partytjiekerse op ‘n koek as simbool van die Heilige Gees wat as vuurtonge gekom het op Pinkster.
Die Heilige Gees as vuur
Vra hierdie vraag en laat tyd vir bespreking in groepies: Watter verskillende doele het vuur?
Noem dat die verskillende gebruike van vuur ons ook help om te dink oor die eienskappe van die Gees (sien PowerPoint: Heilige Gees is soos vuur)
- Veldbrand – versprei vinnig, vernuwe fynbos – die Heilige Gees help ons om te getuig en die goeie nuus te versprei
- Braaivleis vuur – verskaf hitte vir kosmaak – die Heilige Gees voed ons en vul ons hart met passie
- Kers / lamp – verskaf lig – die Heilige Gees lei ons
- Kaggel – bied warmte – die Heilige Gees troos ons
- Stoomtrein / vuurpyl – die Heilige Gees bring ons in beweging
Steek die partytjie kerse aan!
Die partytjie kerse kan nou aangesteek word deur ‘n kind. Vandag vier ons fees en hou partytjie, want ons is so bly oor die geskenk (gawe) van die Heilige Gees. Julle kan na afloop van die diens die koek eet.
Gebedsmoment / Pinkster seën
Deel met mekaar hoe jy die Heilige Gees tans in jou lewe ervaar en bid saam om dankie te sê daarvoor. Of gebruik die Pinkster seën om mekaar te herinner aan die Heilige Gees se nabyheid.